Michael Jackson se broerskind speel hom in rolprent
Michael Jackson se broerskind gaan die rol van die popster vertolk in Lionsgate se komende biografiese rolprent, Michael. Die film wat deur Antoine Fuqua geregisseer word, sal na verwagting die ingewikkelde nalatenskap uitbeeld van die man wat as die Koning van Pop bekend geword het. Dit sal alle aspekte van sy lewe ondersoek, insluitend sy mees ikoniese vertonings. Dit sal Jaafar Jackson se eerste groot rol in ‘n film wees. Hy is die tweede jongste seun van die liedjieskrywer, vervaardiger en Jackson 5-lid, Jermaine Jackson. Die film word in samewerking met die Michael Jackson-stigting gemaak.