Talle klagtes teen Amushelelo vanoggend
Die Namibiese polisie het meer inligting bekend gemaak oor die klagtes teen Michael Amushehelo, wat vandag formeel in die hof op Walvisbaai teen hom gebring sal word. Hy word daarvan aangekla dat hy die polisie verhinder het om hul pligte te verrig en ook, ingevolge die wet op openbare byeenkomste, dat daar ‘n dreigement was om eiendom te beskadig sowel as om lede van die mag te beseer. Luidens die Namibiese polisie misdaadverslag word daar beweer dat hy wederregtelik en opsetlik versuim het om te voldoen aan die bepalings soos uiteengesit in sy kennisgewing wat hy aan die polisie verskaf het om die vreedsame betoging te hou. Hy het ook met die polisie ingemeng deur te verhoed dat die voertuig, die lykswa wat hulle daar aangebring het, wat aangewys is om die toneel te verlaat, om dit te doen. Hy het blykbaar die voertuig afgeskakel. Bykomende klagte sluit in die versuim om te voldoen aan instruksies of aanwysings van ‘n gemagtigde beampte, en dat hy opsetlik die verkeer verhinder het. Daar word aangevoer dat die staat borg sal teenstaan maar sy regsverteenwoordiger Kadhila Amoomo sê hulle sal alles in die stryd werp vir hul kliënt.