Rand Water moet reservoirs afskakel om vlakke te laat herstel
Die Stad Ekurhuleni sê Rand Water se belangrikste reservoirs wat die stad van water voorsien, sal daagliks vanaf tien-uur saans tot vier-uur soggens afgeskakel word sodat hulle kan herstel. Dit volg soos die watervoorsiener besig is om sy bergingsvermoë op te bou. Hierdie ingryping sal voortduur totdat Rand Water se toevoerstelsels herstel. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê die reservoirs word noukeurig gemonitor, en alle opdaterings sal betyds aan kliënte verskaf word: