EFF gaan SA in Maart ‘tot stilstand’ bring

Die EFF-leier, Julius Malema, sê hulle gaan op die 20ste Maart die land tot stilstand dwing, en die bedanking van President Cyril Ramaphosa en ‘n einde aan beurtkrag eis. Hy het die media in Johannesburg hieroor ingelig. Malema sê alle belangrike paaie, skole, fabrieke en sakeondernemings sal gesluit word