Rafa vir tot 8 weke buite aksieJanuary 27, 2023
Rafael Nadal wat al 22 keer Grand Slam-kampioen was, het bevestig hy sal vir ses tot agt weke langs die tennisbaan sit weens ‘n heupbesering wat hy by die Australiese Ope opgedoen het. Hy het ‘n mediese ondersoek by die Teknon-tenniskliniek in Barcelona ondergaan, waar die besering bevestig is. ‘n Aanvanklike skandering het ligte besering aan ‘n spier getoon. Hy sal dus nie aan die toernooie in Doha en Doebai deelneem nie en waarskynlik ook nie in die Indian Wells- en Miami-toernooie speel nie, waarna hy moontlik weer in die Franse Ope sal speel.