Beurtkrag looi platinumproduksie January 27, 2023

Impala Platinum sê die produksie van Suid-Afrika se platinumgroepmetale sal waarskynlik vanjaar daal indien beurtkrag voortduur. Die maatskappy se woordvoerder, Johan Theron, sê beurtkrag het veroorsaak dat die produksie en verskaffing van platinum en palladium verlede jaar gestaak moes word. Hy sê baie mynmaatskappye het sekere bogrondse bedrywighede gestaak en haal snags en naweke in. Theron voeg by dat laer produksievolumes produsente se marges kan raak, omdat die land deur inflasie bedreig word. Suid-Afrika produseer nagenoeg  70-persent van die wêreld se platinum en sowat 40-persent van alle palladium.