VSA bly verbind tot die Oekraïne

Amerikaanse President Joe Biden sê die 31 Abrams-tenks wat na Oekraïne gestuur word is ‘n bewys van Amerika se volgehoue en vaste verbintenis tot Kiëf. Hy sê dit is ook ‘n strategiese besluit om die Oekraïne toe te laat om sy doelwitte in die oorlog teen Rusland te bereik.