Trump is binnekort terug op Facebook, Instagram… as hy wilJanuary 26, 2023

Meta Platforms sê oudpresident Donald Trump se Facebook- en Instagram-rekeninge sal in die komende weke herstel word na ‘n skorsing van twee jaar ná die dodelike Capitol Hill-oproer op 6 Januarie 2021. Toegang tot die platforms kan ‘n hupstoot gee aan Trump, wat in November aangekondig het dat hy in 2024 weer vir die Withuis sal staan. Hy het 34 miljoen volgelinge op Facebook en 23 miljoen op Instagram. Sy Twitter-rekening is in November deur die nuwe eienaar Elon Musk herstel, alhoewel Trump dit nog nie gebruik het nie. Meta sê hy het “nuwe veiligheidsrelings in plek en enige inhoud wat oortree, sal verwyder word met skorsings wat kan volg.