Russiese ambassadeur veroordeel tenkverskaffing

Die Russiese ambassadeur in Duitsland, Sergei Nechaev, het Berlyn se besluit gekritiseer om die aflewering van Leopard 2-tenks aan Oekraïne goed te keur. Hy beskryf dit as ʼn gevaarlike besluit en sê dit neem die konflik na ʼn nuwe vlak van konfrontasie. Hy voeg by dit weerspreek uitsprake deur Duitse politici oor die land se onwilligheid om betrokke te raak. Sy reaksie volg op Duitsland se besluit om saam met sy bondgenote twee tenkbataljons na Oekraïne te stuur.