Numsa veroordeel moord op Eswatini-joernalis

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, veroordeel die regime in Eswatini vir die moord op die menseregteprokureur, Thulani Maseko. Maseko is oor die naweek voor sy familie buite sy huis in Luyengo doodgeskiet. Sy dood kom nadat koning Mswati gewaarsku het daar sal afgereken word met diegene wat openlik stemme werf vir ʼn demokrasie. Die nasionale woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê Maseko sal onthou word as ʼn verdediger van demokrasie en vryheid wat sy regskennis ingespan het om die armes te verdedig: