Loterykommissie werk saam met Spesiale Ondersoekspan oor wanbesteding
Die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie in die buurland, Barney Pityana, sê hulle werk saam met die Spesiale Ondersoekspan se ondersoek. Die Hooggeregshof in Pretoria het verlede maand toestemming gegee tot ‘n bewaringsbevel om drie luukse eiendomme, insluitend ‘n erf en die gedeelte van ‘n plaas te bevries. Dit hou verband met die verkryging van subsidiegeld van Lotery wat bedoel was vir die ontwikkeling van gemeenskap projekte. Die eiendomme is in Midrand, Pretoria, Rustenburg en Kaapstad. Vyf organisasies sonder winsbejag het subsidiegeld van sowat 56,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir projekte ontvang. Pityana sê wanbesteding het die nasionale lotery se integriteit afgetakel: