Swakoppoort en Omatakodam kry invloei na reën
Ná die goeie reën in die Okahandja-gebied het die Swakoppoortdam invloei van 0,619 miljoen kubieke meter water gehad met die water wat teen 6,4 kubieke meter per sekonde ingevloei het. Die dam se vlak het vanaf 73,8 persent na 74,8 persent gestyg. Die byna leë Omatakodam het ook invloei van 0,097 miljoen kubieke meter water gehad met die dam wat nou 1,3 persent vol is. Water het teen 1,1 kubieke meter water per sekonde in die Omatako ingevloei. Water is weer vanaf Maandag van die Swakoppoortdam na die Von Bachdam gepomp wat 30 persent vol is.