Seksuele uitbuiting by drank-ondernemings in SA
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in die buurland het ‘n ondersoek van stapel gestuur na bewerings oor die seksuele uitbuiting van kwesbare werkers by drank-ondernemings. Daar word beweer dat arbeidsmakelaars seksuele gunste vanaf werksoekers eis in ruil vir werkplasings by Heineken en Distell. Die inligting het na vore gekom tydens die Mededingingstribunaal se verhoor oor Heineken se voorgestelde verkryging van Distell. Phelisa Nkomo van die kommissie moedig werkgewers aan om ‘n beleid oor seksuele teistering te ontwikkel, wat werkers in staat stel om seksuele wangedrag in die werkplek aan te meld.