PDM vra sakelui om te help met vloede

McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die PDM, doen ‘n beroep op sake-gemeenskappe regoor die land om hulp te verleen aan Namibiërs wat direk deur vloede geraak word. Hy sê alhoewel dit te vroeg is om die impak op landbouproduksie in veral die noordelike streke te voorspel, het dit die potensiaal om voedsel-onsekerheid te vererger. Bystand word op verskeie gebiede vereis, naamlik humanitêre en maatskaplike noodleniging, herstel van infrastruktuur, landbou en herstelwerk aan beskadigde huise en ander eiendom. Manuel Ngaringombe, sekretaris-generaal van die PDM, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.