Twee Nampol-lede Maandag in Keetmans-hof vir moord
Twee Namibiese polisiebeamptes is in verband met die dood van Elleste Plaatjie by Keetmanshoop in hegtenis geneem. Dit is bevestig deur Nampol se streeksbevelvoerder in die Karas-streek, kommissaris Marius Katamila. Die twee lede van die Spesiale Reserwemag sal Maandag in die landdroshof in die Suide-dorp op aanklagte van moord verskyn. Hulle word daarvan aangekla dat hulle die 31-jarige Plaatjie verlede week tydens ‘n roetine-polisie-operasie aangerand het. Plaatjie het ‘n week later in die Katutura-staatshospitaal in Windhoek aan sy beserings beswyk. Die mediese verslag meld dat Plaatjie as gevolg van die aanranding met ‘n stomp voorwerp trauma en oppervlakkige beserings aan sy liggaam opgedoen het.