Sokker: Brasiliaanse speler ontken seksuele aanranding in Spaanse nagklub
Sokker: Die polisie in Spanje het die voormalige sokkerspeler van Brasilië se nasionale span, Dani Alves, in hegtenis geneem in verband met bewerings van seksuele aanranding in ‘n nagklub. Dit volg nadat ‘n vrou ‘n klag teen hom ingedien het oor gebeure in ‘n nagklub in Barcelona verlede maand. Hoewel sy Alves nie by name noem nie, het ‘n hofklerk bevestig dat daar na Alves verwys word. Die 39-jarige Alves het bevestig dat hy ook saam met vriende in die nagklub was, maar ontken die klaer se bewerings. Alves het vantevore vir Barcelona uitgedraf en het nou ‘n kontrak met die Mexikaanse klub, Pumas UNAM.