Sewe plaaswerkers by Kakamas sterf weens erge hitte
Sewe plaaswerkers in die Kakamas-omgewing in die Noord-Kaap het weens hitte-uitputting gesterf. ‘n Woordvoerder van die provinsie se departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Zandisile Luphahla, sê die kwik in gebiede om Kakamas het oor die afgelope paar weke tot heelwat meer as 40 grade gestyg. Luphahla sê ook ‘n werker wat in die hospitaal opgeneem is, herstel goed.