Namport soek ontwikkelaar vir grootmaat vragterminaal op Walvis-hawe

Die Namibiese Hawens-owerheid, Namport, versoek dat voorstelle ingedien word vir die huur van eiendom om ‘n veeldoelige grootmaat vrag-terminaal in die hawe van Walvisbaai op medium tot lang termyn te ontwikkel en te bedryf. Daar sal van die huurder vereis word om ‘n waterbestande pakhuis op te rig vir die berging en hantering van grootmaat vrag-kommoditeite. Voorstelle moet op 27 Februarie voor 12-uur die middag by die tenderboks van Namport se hoofkantoor op Walvisbaai ingehandig word.