Kommer oor hoë uitsaksyfer in SA skoolstelsel
Die Vereniging van Staatsamptenare in die buurland is steeds bekommerd oor die ongelykhede in die skoolstelsel en die hoë uitsaksyfer. Meer as 400 000 leerders wat in 2011 met Graad 1 begin het, het nie hulle skoolloopbaan voltooi nie. Claude Naiker van die vereniging sê die klas van 2022 moet voorts gelukgewens word met hulle prestasie, ondanks beurtkrag wat hul voorbereiding belemmer het.