Goeie reën bring verligting vir woestynperde
Danksy reën in verskeie gebiede naby Garub in die Suide is die ikoniese wilde perde van die Namib in ‘n redelike goeie toestand. Terwyl hul uiteindelike oorlewing binne die grense van die Tsau //Khaeb, of Sperrgebietpark steeds twyfelagtig is, sal die Namibia Wild Horses Foundation nie hoop verloor nie en aanhou werk vir hul welstand. ‘n sogenaamde Vriend van die Namib, wat nou met die perde werk, het die goeie nuus oor die wilde perde en hul weidingsgebied met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.