Akkreditasie: Unam skort 17 nuwe kursusse op
Plaaslike media berig dat die Universiteit van Namibië 17 programme wat vanjaar bekend gestel is, opgeskort het omdat hulle nog nie geakkrediteer is nie. Unam het 83 nuwe kursusse vanjaar bekend gestel wat baie goed verlede jaar bemark is. Die aankondiging kom na Unam in Desember verlede jaar teruggekap het teen die Namibiese Kwalifikasie-owerheid wat hom gewaarksu het oor die bemarking van nuwe kursusse voor goedkeuring. ‘n Skrywe is aan die vise-kanselier, professor Kenneth Matengu, gerig in die verband. Matengu het toe gesê die aansoeke is reeds tussen 29 Augustus en 21 Oktober 2022, soos gebruiklik, ingedien maar, daar is altyd vertragings in die finale goedkeuring. Hy het bygevoeg dat daar in die verlede nog nie ‘n probleem ervaar was na Unam se eie oorsigprosesse nuwe kursusse goedgekeur het nie en dus, het hy voortgegaan met bemarking daarvan. Daar is studente wat warm onder die kraag is oor die gekanselleerde kursusse omdat aansoekfooie reeds betaal is.