Jacob Zuma-stigting sê Cyril kry spesiale behandeling
Die Jacob Zuma-stigting het President Cyril Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy spesiale, uitsluitende behandeling ontvang. ‘n Volbank regters in die Gautengse hooggeregshof in Johannesburg sal vandag Ramaphosa se aansoek aanhoor om ‘n interdik te kry teen oudpresident Jacob Zuma se saak teen hom. Zuma beskuldig Ramaphosa van medepligtigheid in sy saak teen staatsaanklaer Billy Downer en die joernalis, Karyn Maughan. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê Ramaphosa se interdik-aansoek is vol foute en onreëlmatig.