Eskom verhoog beurtkrag na fase 6January 11, 2023
Eskom moes noodgedwonge beurtkrag tot fase ses verhoog nadat verskeie eenhede onklaar geraak het. Fase ses sal daagliks van vier namiddag tot vyfuur die volgende oggend voortduur, met fase vier-beurtkrag wat tot verdere kennisgewing van vyfuur soggens tot vier namiddag ingestel sal word. Eskom-woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê eenheid een van die Matla-kragstasie in Mpumalanga is afgeskakel om ‘n lekkasie in ‘n ketelbuis te herstel.