Gobabis-munisipaliteit versoek om vullis in Nossobville te verwyderJanuary 9, 2023
Inwoners van Nossobville in Gobabis versoek die munisipaliteit om dringend die vullis te verwyder wat rondlê langs die vullisdromme. ‘n Inwoner, Wallace Finnis sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vullis versprei vinniger as die wind in Nossobville en dit hou ‘n gesondheidsrisiko vir inwoners in.