SA maatskappye toets vierdag-werksweek
Twintig Suid-Afrikaanse maatskappye gaan vanjaar ‘n loodsprojek pak om ‘n vierdag-werksweek in te stel. Dit is in verskeie Europese lande op die proef gestel maar daar is bevind werknemers is tam en maatskappye se inkomste hoër. Die idee is om aan werknemers 100 persent van hul salaris te gee waarvoor hulle 80 persent van die tyd moet werk maar 100 persent insit. ʼn Prokureur by Herbert, Smith, Freehills Employment, Jacqui Reed sê werkgewers moet die arbeids-implikasies noukeurig oorweeg.