SA landbou groei met 19,2%December 13, 2022

Die belangrikheid van landbou in die Suid-Afrikaanse ekonomiese sektor kan nie oorbeklemtoon word nie. Dit volg na die ekonomiese groeisyfers van die derde kwartaal bekend gemaak is en die landbousektor weer nie teleurgestel het nie. Professor Frikkie Maré van die Universiteit Vrystaat sê landbou het met 19,2 persent gegroei.