Malaria kom saam met die reënseisoenDecember 8, 2022

Namibiërs sien uit na die reënseisoen, maar daarmee saam kom ook ‘n toename in muskiete wat weer tot gevalle van malaria in malaria-geteisterde gebiede lei. Die voormalige gesondheidsminister en malaria-kenner, dr. Richard Kamwi, sê ‘n toename in malaria-gevalle kan na die reënseisoen verwag word. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibiërs wat simptome van malaria toon, moet dadelik hospitaal toe gaan.