William se peetma moet bedank as hofdameDecember 1, 2022
Buckingham-paleis sê die opmerkings van wyle koningin Elizabeth se hofdame, Susan Hussey, is onaanvaarbaar en betreurenswaardig. Hussey, wat ook prins William se peetma is, het verskoning gevra en bedank nadat sy Ngozi Fulani, ‘n swart Brits-gebore liefdadigheidsdirekteur, herhaaldelik gevra het van watter deel van Afrika sy kom. Die gesprek het plaasgevind tydens ‘n geleentheid wat die koning se vrou by Buckingham-paleis aangebied het om die werk van kampvegters teen huishoudelike geweld te vereer. Hussey was een van drie van wyle koningin Elizabeth se lojale hofdames wat in onbetaalde ererolle aangebly het om die koning te help.