Verbod op verkope, uitvoere van skrootmetaal in SADecember 1, 2022

Die regering het ‘n verbod van ses maande op die verkoop en uitvoer van skrootmetaal ingestel. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Ebrahim Patel, het aan die media gesê dit het ten doel om dit moeiliker te maak vir misdadigers om gesteelde koperkabel en skrootmetaal te hou en te verkoop.  Die verkoop van skrootmetaal berokken die ekonomie jaarliks meer as 47 miljard Suid-Afrikaanse rand se skade. Patel sê die verbod-tydperk sal die regering ook kans gee om ‘n beplande lisensiestelsel vir handel in koper te finaliseer, wat dan oor ses maande bekendgestel sal word: