Teenmisdaad-operasie in Zambezi geloodsDecember 1, 2022
Die veiligheidskluster in die Zambezi-streek het ‘n gesamentlike operasie vir die feesseisoen van stapel gestuur. Die operasie is ‘n inisiatief van die kantoor van die goewerneur, Lawrence Sampofu. Die streek se paaie, en veral die vervoer van vrag sal onder die loep kom. Die polisie, sy spesiale reserwemag en die weermag neem aan die operasie deel. Die streek gaan die afgelope tyd gebuk onder misdaad wat veediefstal, oorgrensoortredings en algemene sake van diefstal, inbrake en dwelms insluit. Die operasie duur tot 16 Januarie.