SuperSport vra verskoning vir vloekery December 1, 2022

Sokker: SuperSport het ʼn verskoning uitgereik nadat ʼn deelnemer aan ʼn program ʼn vulgêre uitdrukking gebruik het om na die Portugese superster, Christiano Ronaldo, te verwys. Die beïnvloeder op sosiale media, Tshepang Mollison, ook bekend as Twiggy Moll, het die vloektaal Woensdag tydens ʼn episode van SuperPicks gebruik. Sy is gevra oor haar voorkeur tussen Ronaldo en die Argentynse legende, Lionel Messi. SuperSport sê in ʼn verklaring die video was vir ʼn kleedrepetisie en is nie vir uitsending bedoel nie, maar hulle vra steeds onvoorwaardelik om verskoning.