Starmer vaar uit teen Sunak oor behuisingDecember 1, 2022
Die leier van die Arbeidersparty in Brittanje, Sir Keir Starmer, het uitgevaar teen ‘n aanpassing in premier Rishi Sunak se regering in behuisingsteikens. Die Tories het in 2017 beloof om teen 2025, 300 000 nuwe behuisingseenhede beskikbaar te stel maar, het nou die teiken laat vaar as gevolg van die resessie. Daar is ‘n erge behuisingstekort in die Verenigde Koninkryk. Starmer sê die Tories gee geld weg.