SA-speurders is diep ongelukkig met werksomstandighedeDecember 1, 2022
Slegs 5 persent speurders in Suid-Afrika sê hulle is gelukkig met hulle werksomstandighede en selfs minder sê hulle is tevrede met die hulpbronne tot hulle beskikking. Dit is volgens ‘n nuwe verslag deur die Solidariteit Navorsingsinstituut. Volgens die verslag moet tot vier speurders een rekenaar deel wat al 15 jaar oud is en geen internettoegang het nie. Solidariteit se woordvoerder, Theuns du Buisson, sê speurders moet ook klaarkom sonder die mees basiese forensiese toerusting soos vingerafdrukpoeier en stokkies om DNS-monsters te neem: