Russiese kunsmis is op pad Afrika toeDecember 1, 2022

Die eerste besending Russiese kunsmis vir Afrika is vort uit Nederland. Die woordvoerder vir die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, Stephane Dujarric, sê die besending is onderweg na Malawi deur Mosambiek en is die eerste van ʼn reeks uitvoere wat in die komende maande vir Afrika-lande bestem is. Volgens Dujarric is 20 000 ton stikstof, fosfor en kalium aan boord die MV Greenwich vanaf die Suid-Nederlandse hawe, Terneuzen. Dit sal die humanitêre nood verlig en katastrofiese oesverliese in Afrika voorkom.