Publiek moet help om vrou te identifiseerDecember 1, 2022

Die Namibiese polisie vra die publiek vir hulp om ‘n die oorskot van ‘n vrou wat reeds twee maande in die lykshuis is, te identifiseer. Die mag se woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, sê die onbekende vrou is byna twee maande gelede deur ‘n motor gestamp in Sam Nujoma-rylaan naby Otjomuise. Sy is tussen 17 en 25 jaar oud.Tot op hede is alle pogings om haar deur die vingerafdruk-identifikasiestelsel van die ministerie van binnelandse sake op te spoor, vergeefs. Daar is geen data of rekord van haar gevind nie.