Owerhede doodstil oor of Walus vandag vrygelaat word, of nieDecember 1, 2022

Korrektiewe Dienste in Suid-Afrika sê hy sal nie oorreed word om kommentaar te lewer oor die vrylating van Chris Hani se moordenaar op parool nie. Die 69-jarige Janusz Waluś is veronderstel om vandag uit die Kgosi Mampuru II-korrektiewe-sentrum in Pretoria vrygelaat te word, maar daar is geen woord gerep of dit sal gebeur nadat ‘n ander gevangene hom Dinsdag met ‘n skerp voorwerp gesteek het nie. Die woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê minister Ronald Lamola moet die finale besluit neem oor die pad vorentoe: