Oortellery van Swapo-stemme op ys… geen uitsluitsel nieDecember 1, 2022

Daar is nog geen uitsluitsel oor die oortellery van die stemme vir lede van Swapo se sentrale komitee nie. Die top-leierskap van die party was omtrent die hele dag Woensdag in ‘n vergadering en dit het die vertraging veroorsaak. Die party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa het Dinsdagaand opdrag gegee dat die stemme oorgetel moet word nadat sy blykbaar 19 amptelike klagtes ontvang het, en dat dit in die teenwoordigheid van die polisie sowel as party-waarnemers moet plaasvind. Maar haar opdrag is eers op ys geplaas deur die top-leierskap wat toe vergader het. Dit is ook steeds nie bekend of die beamptes ingevolge die party se Grondwet die stemme kon oortel nie. Die voorsittende beampte, Joshua Kaumbi het in ‘n onderhoud net die NBC erken daar was foute. Talle hooggeplaaste partylede, insluitend die eerste minister, is nie tot die komitee verkies nie.