Ooreenkoms met Angola oor gas en olie dalk ‘bietjie te laat’December 1, 2022

Namibië se ministerie van myne en energie het met die Angolese ministerie van minerale hulpbronne, petroleum en gas ‘n memorandum van verstandhouding by vanjaar se Angola Olie- en Gaskonferensie in Luanda onderteken wat bilaterale samewerking in die petroleum- en natuurlike gassektor onderteken om wedersydse maatskaplike, ekonomiese en omgewingsbelange tussen die twee lande te verbeter. Namibiese ekonoom Gabriel Erastus sê aan Kosmos 94.1 Nuus alhoewel dit ‘n stap in die regte rigting is, is dit dalk ‘n bietjie te laat.