Versgtig vir bankslentersDecember 1, 2022
Soos die feesseisoen naderkom, herinner Standard Bank Namibië hul kliënte om waaksaam te wees terwyl hulle banksake doen. As gevolg van die moeilike ekonomiese tye, word ‘n toename in swendelaars gesien wat nuwe taktieke probeer om mense te bedrieg. Die meeste van hierdie swendelaars sal kliënte bel, en beweer dat hulle van die bank af bel en bankbesonderhede aanvra. Khadijah Mouton, die bank se bemarkingsbestuurder, sê wanneer kliënte ‘n oproep kry van iemand wat voorgee dat hy of sy van die bank bel en vra vir ‘n pinnommer, moet dit as verdag beskou word.