Klagte teen Fraser oor Zuma-paroolDecember 1, 2022
Die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan het strafregtelike klagte van regsverydeling ingedien teen die voormalige spioenasiehoof, Arthur Fraser, oor die parool van oudpresident Jacob Zuma. Die Konstitusionele Hof het verlede week bevind Fraser se besluit om Zuma vry te laat was ongrondwetlik en onwettig. Die gewese president het minder as twee maande van sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof uitgedien toe Fraser hom onwettig op mediese parool vrygelaat het. O’Sullivan sê Fraser se onwettige optrede maak ‘n bespotting van die oppergesag van die reg.