Kabinet respekteer regspraak oor Walus-paroolDecember 1, 2022
Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, sê die kabinet respekteer die uitspraak van die Konstitusionele Hof wat die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamosa, beveel om Chris Hani se moordenaar op parool te plaas. Janusz Waluś het die leier van die Suid -Afrikaanse Kommunistiese Party in April 1993 vermoor. Gungubele sê daar word verwag dat Lamola gehoor sal gee aan die regspraak.