Iran se sokkerspan sal gestraf word as hulle terugkeerDecember 1, 2022

Kenners in Iran waarsku die nasionale spelers kan inhegtenisneming of selfs lyfstraf te wagte wees wanneer hulle terugkeer van die Wêreldbekertoernooi in Katar. Die span is vroeër die week uitgeskakel toe hulle teen die Verenigde State verloor het. Die politieke skrywer, Kenneth R Timmerman, het aan die New York Post gesê spelers kan vergelding verwag nadat hulle verlede maand betoog het teen hulle volkslied. Daar word ook berig dat veiligheidsmagte ‘n man in die noorde van die land doodgeskiet het toe anti-regeringsbetogers die span se uitskakeling gevier het.