Fishrot-saak tot 14 Februarie uitgestelDecember 1, 2022

Die Fishrot-saak is vandag in die hoërhof in Windhoek weer eens uitgestel tot 14 Februarie. Die rede vir die uitstel is weens die hangende uitkoms van ’n versoek wat by die hooggeregshof aanhangig gemaak is rakende die voorsittende regter se besluit om nie homself van die saak te onttrek nie. Beskuldigde Ricardo Gustavo se regsverteenwoordiger, Trevor Brockerhoff, het die versoek gebring nadat hul aansoek dat regter Kobus Miller homself van die saak moet onttrek, onsuksesvol was. Dit is die tweede keer wat die saak om hierdie rede uitgestel word. Al die beskuldigdes bly in aanhouding, behalwe Gustavo se borgtog is verleng tot 14 Februarie.