DA wil vroeër verkiesing houDecember 1, 2022
Die DA-leier, John Steenhuisen, het sy planne aangekondig om Artikel 50 van die Grondwet te gebruik om ‘n vroeë verkiesing aan te vra. Die party wil President Cyril Ramaphosa aanspreeklik hou ná verdoemende bevindings van ‘n onafhanklike paneel in die Phala Phala-skandaal. Steenhuisen sê Ramaphosa moet vrae beantwoord en die ampsklag-verrigtinge teen hom moet voortgaan. Hy glo Suid-Afrikaners moet ‘n vroeë verkiesing hou.