Cyril moet opsystaanDecember 1, 2022
Die African Transformation-beweging in die buurland sê hy voel in die gelyk gestel nadat die Artikel 89-paneel bevind het daar is prima facie-bewyse teen President Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-sage. Die paneel is aangestel ná ‘n mosie deur die beweging se leier, Vuyolwethu Zungula, dat Ramaphosa verwyder word op grond van oortreding van die Grondwet of die wet en ernstige wangedrag. Zungula sê die president moet nou opsystaan of in ‘n staat van beskuldiging geplaas word:
Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê die Parlement het geen ander keuse as om volgende Dinsdag te stem dat daar verder teen Ramaphosa opgetree word nie:
Intussen sê ActionSA se leier, Herman Mashaba, hulle het nog altyd volgehou Ramaphosa se optrede in die Phala Phala-sage is misdadig: