ANC vergader vanaand oor Phala Phala-verslagDecember 1, 2022
Die ANC se nasionale voorsitter Gwede Mantashe sê die Nasionale Uitvoerende Komitee sal na verwagting vanaand vergader om die bevindinge van die onafhanklike Artikel 89-paneel te bespreek. Die paneel het bevind daar is genoeg rede vir president Cyril Ramaphosa om antwoorde te verskaf oor die diefstal op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. Volgens berigte, glo Ramaphosa se ondersteuners hulle het die getalle om tydens die vergadering van die uitvoerende komitee enige poging te keer om die president se herroeping af te dwing. Hulle het bygevoeg daar is genoeg tekortkominge in die verslag om dit wetlik teen te staan.