Ses polisiebeamptes verskyn op Musina op klagte van sigaretsmokkelaryNovember 29, 2022

Die Musina-landdroshof in Limpopo het die saak teen ses polisiebeamptes uitgestel wat beskuldig word dat hulle sigaretsindikate gehelp het om hulle produkte na Suid-Afrika te smokkel. Die beamptes was na die Beitbrug-grenspos ontplooi. Daar het hulle in ruil vir omkoopgeld ‘n veilige deurgang gebied vir smokkelaars om die land met onwettige sigarette binne te kom. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mashudu Malabi-Dzhangi, sê hulle sal Vrydag aansoek doen vir borgtog: