Redforce vorder steeds skuld in vir RunduNovember 29, 2022

Die Rundu-dorpsraad sê berigte dat hy nie langer die dienste van RedForce Debt Collection gebruik nie, is verkeerd. Daar was onlangs in plaaslike media berig dat die dorpsraad sy kontrak sou beëindig wat ook kommer wek dat inwoners nie hul rekenings sal betaal nie. Die hoof uitvoerende beampte Olavi Nathanael sê die kontrak is steeds in plek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.