Groter toegang tot markte met Afrika Kontinentale Vrye HandeslgebiedNovember 21, 2022

Die Namibiese handelsminister Lucia Iipumbu, het vandag die nasionale strategie en implementeringsplan vir die Afrika Kontinentale Vrye Handelsgebied vir 2022-2027 bekendgestel. Dit bied ‘n geleentheid vir Namibië om sy intra-Afrika uitvoere te verhoog, groter toegang tot markte te hê en potensiële ekonomiese geleenthede ten volle te benut. Elijah Mukobonda, die ministerie se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.