Bok-ondersteuners sal Saterdag ‘n laat aand hê
Springbok-ondersteuners moet gereed maak vir ‘n laat aand Saterdag, met die toets tussen Suid-Afrika en Frankryk in Marseille wat na verwagting eers kort voor middernag sal klaar wees. Afskoptyd is om tienuur. Die Bokke het verlede naweek hul eerste toerwedstryd teen Ierland verloor, terwyl die Franse 11 wedstryde agtereenvolgens gewen en reeds beskou word as ‘n gunsteling vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi tuis. Die Bok-senter, Jessie Kriel, sê dit is maklik om hul roetine aan te pas: